HOFMEYR NUUS - Die gemeenskap van Hofmeyr is in rou nadat een van hul boere, Hennie Vermaak (40), op 11 Junie oorlede is.
Hennie was welbekend as die eienaar van die Rietfontein Safari Lodge, wat hy en sy eggenoot Rachelle bedryf het.
Talle reisigers vanoor die wêreld het vriende van die familie geword nadat hulle ware gasvryheid beleef het. Hennie was ook 'n jagtersmetgesel by uitstek.
Hennie was bekend as iemand wat geen avontuur sou misloop nie. Hy was ook 'n kranige sportman, en lid van Hofmeyr-rolbalklub.
Hy het ook graag in die natuur ontspan. Die jaarlikse ou karrit het hy nooit misgeloop nie.
Vermaak was op 29 Mei in 'n motorfiets-ongeluk, op sy plaas. Hy is per helikopter na Gqeberha geneem, maar het in die intensiewesorgeenheid gesterf.
Hulle het twee kinders, 'n seun Nathan (8) en 'n voorskoolse dogter Zara (5).
'n Viering van sy lewe is op 16 Junie op die familieplaas gehou, en 220 mense het vanuit alle oorde opgedaag om Vadersdag saam met die familie te spandeer.
Hennie Vermaak laat sy ouers, asook 'n ouer suster Jeanne Koen en jonger broer Shaun agter.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’