NASIONALE NUUS - Die bekende Suid-Afrikaanse akteur, Flip Theron (79), word môreoggend, Vrydag 28 Junie, om 10:00 by die NG Kerk Die Vleie op Hoekwil, ter ruste gelê.
Theron sal onthou word vir verskeie puik rolle op die verhoog, in TV-programme soos Nommer asseblief, Arende, Ma-plotters en Vyfster, asook talle rolprente wat Fiela se Kind, Knysna, Faan se Trein, Raaiselkind en Hoener met die Rooi Skoene, insluit.
Theron is op Maandag 17 Junie aan natuurlike oorsake in sy hartsplek, Hoekwil, oorlede. Hier was hy gebore, het hy groot geword, skool toe gegaan en getrou.
Hy laat sy vrou Emily en seun Hercus agter.
Lizz Meiring het die volgende oor Theron gesê in 'n huldeblyk aan hom op haar Facebook-blad:
"Sy komiese tydsberekening en natuurlike spel was ‘n meesterklas om te aanskou.
"Ek het nog ‘n paar jaar gelede saam met hom gespeel in Koos Roets se rolprent Hoender met die Rooi Skoene. Flip was totaal sonder aansitterigheid, rustig, altyd op sy pos, altyd voorbereid. Wonderlike droë sin vir humor gehad. A thoroughly nice guy."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’