STREEKNUUS - Die burgemeester van die Dr. Beyers Naudé Plaaslike Munisipaliteit, Willem Syfers, het onlangs sy uitreikprogram rakende die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) en die begroting afgeskop.
Safers het die uitreik in Rietbron (wyk 8) afgeskop, vergesel van raadslid Ewald Loock.
Die doel van die projek is om direk met gemeenskappe in alle wyke te skakel, en aan inwoners die geleentheid te bied om aan gesprekke rondom die GOP en die munisipale begroting deel te neem.
Antwoorde op kwelvrae
Die geleentheid is goed bygewoon en verskeie insette is gelewer.
Inwoners en verteenwoordigers het antwoorde gekry op kwessies wat lank reeds kwel en was dankbaar vir die geleentheid om vrae te vra.
Die uitreik sal vogens 'n skedule deur verskeie gebiede en wyke beweeg. Gemeenskapslede word aangemoedig om die gepubliseerde skedule te raadpleeg vir besonderhede oor waar en wanneer die uitreik in hul wyke plaasvind.
Die kommunikasiekantoor moedig al die gemeenskappe aan om aktief deel te neem om sodoende 'n meer inklusiewe en responsiewe plaaslike regering te bewerkstellig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’