KAROO NUUS - ‘n Ongeluk tussen ‘n vragmotor en minibus-taxi het gisteraand, 2 Julie, die lewe van al 15 insittendes van 'n taxi, waaronder twee babas is, geëis.
Die ongeluk, wat as 'n fratsongeluk beskryf word, het op die N9-verbypad by Middelburg plaasgevind.
Volgens kol. Priscilla Naidu, Oos-Kaapse-polisiewoordvoerder, word daar beweer dat die vragmotor vanaf Graaff-Reinet onderweg was en die bestuurder beheer oor die trok verloor het - vermoedelik na hy 'n dier getref het.
Die sleepwa van die vragmotor het toe in die aankomende laan beland en met die taxi, wat in die rigting van die Wes-Kaap gery het, gebots.
Die polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’