NASIONALE NUUS - Vanjaar is daar geen plaaslike boere onder die top-10 van kykNET se werklikheidsreeks Boer Soek ’n Vrou nie.
Karoo-kykers van hierdie gewilde program het met die vorige seisoen vasgenael gesit om te sien of Cradock-boer Graham Lombard ware liefde sal vind. Lombard en student Ilne Prinsloo het ’n verhouding aangeknoop, maar die paartjie se paaie het intussen geskei, en op Prinsloo se Instagram-blad blyk dit dat sy nou in ’n nuwe verhouding is.
Hierdie jaar se boere, tussen die ouderdomme van 24 en 52, is almal opsoek na vroulike pasmaats.
Anders as in die verlede kan voornemende pasmaats slegs digitaal inskryf, en nie handgeskrewe briewe of geskenke vir die boere stuur nie.
Vrouens wat wil inskryf kan so doen op www.kyknet.tv, 079 335 5137 bel, of ’n e-pos stuur na boer@marche.media. Jy moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee wees. Inskrywings moet voor middernag op 8 Augustus vanjaar ingedien word.
En die boere is…
1. Boer Kobus (52) - Kobus is van die Randontein, Gauteng-area, en het vier kinders. Sy hoogste kwalifikasie is Graad 11, en hy het ’n gemengde boerdery. Hy is opsoek na iemand wat hom “onvoorwaardelik sal liefhê, en ’n bok vir sports is.”
Sien sy profiel hier.
2. Boer Déan (28) - Boer Déan is van die Nelspruit-area en boer met macadamia-neute. Hy het ’n komersiële vlieg en instrukteur-lisensie. Hy is opsoek na ’n vrou met “Christelike waardes, en wat lojaal en liefdevol is.” Hierdie vrou moet ook “goed versorg wees en ’n sin vir humor hê.”
Sien sy profiel hier.
3. Boer Marthinus (25) - Marthinus is van Arlington in die Vrystaat en het ’n B.Com Landbou en Ekonomie-graad. Hy het ’n gemengde boerdery. Marthinus is opsoek na ’n aantreklike vrou, “met dieselfde geloofsoortuigings as wat [hy het].” Sien sy profiel hier.
4. Boer Richann (29) - Richann, van Vredefort in die Vrystaat, het ’n B.Comm-graad. Hy boer met skilderbokke, en is opsoek na ’n “aantreklike, liefdevolle, hardwerkende vrou.”
Sien sy profiel hier.
5. Boer Niel (32) - Niel, van Grabouw in die Wes-Kaap, boer met appels en pere. Hy het ’n diploma, en is geskei. Hy is opsoek na iemand wat “God eerste stel en die lewe ten volle geniet.”
Sien sy profiel hier.
6. Boer Stephan (40) - Stephan is van die Lichtenburg, Noord-Wes-area, en het ’n bees en saai boerdery. Hy het ’n besigheidsgraad en is opsoek na ’n vrou wat “bewus is van haar afhanklikheid en ’n sagte hart het.”
Sien sy profiel hier.
7. Boer Albert (24) - Albert is van Clanwilliam in die Wes-Kaap, en boer met rooibostee, sitrus en skape. Hy het ’n kwalifikasie in plaasbestuur en is opsoek na ’n vrou wat wat “selfstandig is en mooi na haarself kyk.”
Sien sy profiel hier.
8. Boer Mathys (25) - Mathys is van Dullstroom, Mpumalanga, en boer met skape, bees en bosbou. Hy het ’n B.Com-graad in ondernemingsbestuur, en is opsoek na ’n vrou met “’n liefde vir die plaas, diere en mense.”
Sien sy profiel hier.
9. Boer PF (30) - PF is van Laingsburg in die Wes-Kaap en boer met vee, groente en saad. Sy hoogste kwalifikasie is matriek, en hy is opsoek na ’n “voorvat-vrou wat sosiaal is en gemaklik is in groot families.”
Sien sy profiel hier.
10. Boer Hannes (52) - Hannes is van Kroonstad in die Vrystaat en het ’n gemengde boerdery. Sy hoogste kwalifikasie is matriek, en hy is opsoek na ’n vrou wat goed versorg is. “Sy moet ook ’n ekstrovert wees en sosiaal kan verkeer.”
Sien sy profiel hier.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'