Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO - Graaff-Reinet Advertiser het vandag, 3 Junie, met Elvis Blue gesels oor sy liefdadigheidsprojek wat tans aan die gang is. Hy is ongeveer 60 km vanaf Graaff-Reinet, nie in sy kar nie, maar op sy fiets. Hy het drie dae gelede uit George vertrek, op pad Nelspruit toe; alles ten bate vir behoeftige skoolkinders - “Dat daar slimkoppe, sportmanne en musiek maestros is wat nooit die geleentheid sal hê om bo hulle omstandighede uit te styg nie. Dis wat ek wil hê ons saam moet aanspreek,” sê hy.
Maak seker dat jy hom môreoggend by Spar in Caledonstraat kom groet, wanneer hy om 07:30 die 140 km na sy volgende stop, Middelburg aflê. Hy nooi ook fietsryers uit om môreoggend saam met hom uit die dorp te ry.
“Onthou dat jy ‘n donasie kan maak, iewers is daar ‘n mamma wat bid omdat haar kind soveel potensiaal het maar nie haar kind kan help nie,” sê hy.
VIDEO: Ons gesels met Elvis Blue
Klik hier vir die skakel om 'n donasie te maak.
Lees die volledige berig oor sy planne die week in Graaff-Reinet Advertiser.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’