CRADOCK NUUS - Talle pragtige trourokke, van toeka tot nou, is tydens 'n fondsinsamelingsgeleentheid in Cradock by die tehuis vir bejaardes ten toon gestel.
Schalk en Marietjie Opperman het ook hul huweliksbeloftes na 46 jaar hernu.
Carien Nel het alle reëlings agter die skerms hanteer en Ds Anton Olivier het die huweliksbevestiging waargeneem.
Ruby Botha was die seremoniemeester.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'