CRADOCK NUUS - Die Elizabeth Jordaan-tehuis het die afgelope Saterdag 'n feestelike basaar in hul eetsaal gehou.
Retha Bonnet, bestuurder van dié tehuis, sê die basaar was 'n reusesukses.
"Puik gebak, heerlike poedings en kraakvars groente het groot aftrek geniet."
"Carien Nel se tafelrangskikkings het die hele lokaal opgehelder en haar groot versameling kombuisskale met suurlemoene op die buffet het wye belangstelling en kosbare kombuisherinnerings by inwoners en gaste opgeroep," deel Petra Breytenbach mee.
Alhoewel die AGS-gemeente in Cradock ook Saterdag 'n basaar gehou het, getuig beide groepe organiseerders van 'n heerlike, suksesvolle dag.
Rangskikkings het die tehuis verfraai.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Oos-Kaap nuus'