GRAAFF-REINET NUUS - Graaff-Reinet se eie Drostdy Toyota loop breë bors rond nadat hulle 'n toekenning ontvang het by Toyota Suid-Afrika se Pyramid of Excellence Programme toekennings Vrydagaand, 6 Maart.
Hierdie tak spog nou met die toekenning vir die beste kliëntediens gelewer by kleiner Toyota handelaars in Suid-Afrika.
Die toekenning weerspieël hul effektiewe dienslewering en uitstaande werksverrigting wat verseker dat gelukkige en tevrede kliënte altyd na hierdie tak terugkeer.
Drostdy Toyota het hul dank uitgespreek teenoor hul toegewyde en pligsgetroue span wat altyd hul beste lewer.
Die diensbestuurder, Marius van Niekerk, wat die toekenning ontvang het, het beklemtoon dat die toekenning nie moontlik sou wees sonder die harde werk en toewyding van elke werknemer van Drostdy Toyota nie.
Jan en Malinda van der Merwe, die eienaarspan van die Toyota handelaarstak, was besonder trots op hul span.
Dit is welbekend dat talle Toyota-eienaars van ver rondom Graaff Reinet ook na hierdie tak kom om hul voertuie te laat diens, juis omdat die diens daar van so 'n hoë gehalte is.
Van Niekerk het beklemtoon dat geen toekenning enige waarde het as dit nie gesteun word deur 'n sterk kliëntebasis soos waarmee Drostdy Toyota spog nie.
"By Drostdy Toyota is ons een groot familie, en ons los mekaar se probleme op."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’