GRAAFF-REINET NUUS - Die departement van vervoer in die Oos-Kaap waarsku dat padblokkades steeds aan die orde van die dag is. Veral roetes na strandoorde word streng beheer, nadat daar meer as 100 mense in ongelukke op Oos-Kaapse paaie dood is.
Teen 10:00 op 26 Desember was daar reeds 403 arrestasies van dronkbestuurders in die Oos-Kaap, sedert die feesseisoen aangebreek het.
Die misbruik van alkohol deur bestuurders verooorsaak jaarliks talle padsterftes, veral op die groot feesdae en die daaropvolgende dae.
Unathi Binqose van die Oos-Kaapse departement van vervoer sê die beleid van geen drankverbruik deur bestuurders, - binne én buite dorpe en op nasionale roetes – sal streng afgedwing word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’