PROVINSIALE NUUS - Ten spyte van verskeie veldtogte en gereelde waarskuwings in die media rondom die toenemende probleem van dronkbestuur op die land se paaie, spesifiek op die roetes deur die Oos-Kaap, duur hierdie probleem steeds voort.
Die Nasionale Verkeerspolisie is spesifiek geloof vir diens gelewer in die Graaff-Reinetdistrik, maar die bekampingspogings kan nie verslap word terwyl die probleem voortduur nie.
Dronkbestuur bly 'n probleem wat ons provinsie in die gesig staar.
Oor die Vryheidsdag-langnaweek was daar 257 inhegtenisnames regoor die provinsie, kort op die hakke van die 341 inhegtenisnames oor Paasnaweek en 249 oor die naweek voor Paasfees.
Die afgelope naweek is daar weer talle dronkbestuurders in hegtenis geneem. Die totale aantal inhegtenisnames vir dronkbestuur in die provinsie vanaf 11 tot 27 April is 847.
Hier is 'n uiteensetting per distrik:
1. OR Tambo - 107
2. Amathole - 59
3. Sarah Baartman - 43
4. Chris Hani - 35
5. Alfred Nzo - 13
OR Tambo-distrik is weereens bo aan die lys en Mthatha-gebied is geïdentifiseer as 'n brandpunt wat verskerpte bedrywighede sal geniet totdat hierdie getalle afneem.
Dronkbestuur is aangespreek in multi-geïntegreerde operasies en in die Amathole-distrik het die BCMM Traffic en die Departement van Vervoer (DOT) saamgewerk.
In Nelson Mandelabaai het metropolisie en verkeersdepartemente hul gewig saamgegooi, terwyl nasionale verkeerspolisie in Graaff-Reinet en Sarah Baartmandistriksmunisipaliteite aktief was.
Die nasionale minister van vervoer het pas ná die Paasnaweek in 'n mediaverklaring gesê dat wetstoepassingsowerhede in die Oos-Kaap hande gevat het om die probleem aan te spreek omdat dit die provinsie is met die hoogste aantal arrestasies vir dronkbestuur.
Die LUR vir Vervoer, Xolile Ngqata, het die beamptes weereens geloof vir hul toegewyde pogings om hierdie euwel op ons paaie uit te roei.
In dieselfde asem het hy ook die motoriste bedank wat ons paaie oor hierdie tydperk verantwoordelik gebruik het, asook Arrive Alive wat talle lewens gered het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’