GRAAFF-REINET NUUS - Die nodige herstelwerk aan die hoofpomp van die Nqwebadam wat vandag 15 Julie begin het, word aangeskuif tot 16 Julie om 17:00.
Die damwalpomp van die Nqwebadam is vandag om 8:00 afgeskakel, en word daar tans gewag vir 'n part vir die pomp. Inwoners word versoek om water spaarsamig te gebruik.
Dr Beyers Naudé-munisipaliteit sê dat daar dringende herstelwerk aan die hoofpomp by die damwal gedoen word en is die gewone toevoer van water negatief geaffekteer.
Die volgende areas sal geaffekteer word, Umasizakhe, Horseshoe, Kroonvale, Spandauville, Bergendal Adendorp, Santa Ville, Wolwas en Asherville
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’