GRAAFF-REINET NUUS - Vier van Laer Volkskool Graaff-Reinet se atlete het verlede naweek aan die provinisiale atletiekbyeenkoms in Queenstown deelgeneem.
Die atlete het baie goed gevaar en die volgende uitslae behaal:
• Burger Slabbert, o. 10: derde plek (brons) in verspring
• Elmaré Naudé, o. 10: derde plek (brons) in die 1 200 m
• Janike van Zyl, o. 12: eerste plek (goud) in die 100 m, tweede plek (silwer) in die 150 m, eerste plek (goud) in die aflos
• Annabelle Kruger, o. 13: elfde uit 35 vir die 1 500 m
Janike, Burger en Elmaré het gekwalifiseer om aan die SA byeenkoms, wat van 20 tot 22 Maart in Germiston plaasvind, deel te neem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’