Gallery
HOFMEYR NUUS - Groot skade is die afgelope week aangerig na booswigte eers by die MTN/Cell C-toring ingebreek het en die volgende dag by die Vodacom-toring.
Volgens Buti Quqa, verteenwoordigende raadslid van Enoch Mcjima-munisipaliteit beloop die skade duisende rande.
FOTOGALERY: Inbraak by MTN/Cell C-toring
"Daar is verlede Dinsdagnag by die toring, buite Hofmeyr ingebreek. Die groot batterybank is gesteel en groot skade is aan die toerusting in die operasionele kamer aangebring. Alle inwoners met MTN- en Cell C-selfone was 'n geruime tyd sonder enige opvangs."
Volgens hom het 'n span van MTN Donderdag die skade herstel.
Nuwe selfoontoringbatterye word tans verkoop vir R240 000.
Gesteelde batterye word verkwansel vir so min as R5 000 elk.
Gesteelde batterye word verkwansel vir so min as R5 000 elk.
"Daar is verlede Dinsdagnag by die toring, buite Hofmeyr ingebreek. Die groot batterybank is gesteel en groot skade is aan die toerusting in die operasionele kamer aangebring. Alle inwoners met MTN- en Cell C-selfone was 'n geruime tyd sonder enige opvangs."
'Ons bring jou die nuutste Hofmeyr, Karoo nuus'