CRADOCK NUUS - Slegs 'n paar motorfietsryers van Middelburg en Steynsburg het onlangs aan die komberse-vir-diere-motorfietsuitdaging deelgeneem. Gerhard Greyvenstein, hooforganiseerder van die motorfietsklub in Cradock, sê dat ten spyte hiervan, Cradock-diereskuiling tog 'n ruim donasie ontvang het. "Slegs 'n handjie vol motorfietse het hierdie jaar opgedaag, maar ons kon steeds, in samewerking met die gemeenskap van Cradock, 'n ruim donasie vir die diereskuiling insamel," sê Greyvenstein.
"Diegene wat skenkings gemaak het, se harte is duidelik warm teenoor diere. 'n Hele bakkievrag beddegoed is ontvang."
Karin Human, bestuurder van Cradock-diereskuiling, sê dat almal by die diereskuiling, die diere inkluis, baie dankbaar is vir die donasie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’