CRADOCK NUUS - Nadat 'n berig in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn het oor 'n besoek van die DBV aan die Cradock-diereskuiling, waar die DBV versoek dat die honde se getalle verminder moet word by die skuiiling, het mense landswyd hulle harte oopgemaak en 43 honde aangeneem.
Karin Human, bestuurder van Cradock-diereskuiling het gister, 29 May, 30 honde weggelaai na goeie huise, regoor Suid-Afrika.
Sy was oorstelp van vreugde toe sy die Advertiser laatmiddag gekontak het, om haar dank uit te spreek teenoor dié nuusblad vir die plasing van die Cradock-diereskuiling-storie.
"Vanaand sal ek soos 'n klip slaap, want 30 van my geliefde hondekinders het vandag na hulle vir ewig tuistes vertrek, en ek kan net sê 'Dankie Suid-Afrika."
Vorige artikel: DBV besoek skuiling
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’