GRAAFF-REINET NUUS - Ontmoet in hierdie week se Diere-maniere vir Olly van Graaff-Reinet.
Hy het onlangs vir mens Annandie Crous aangeneem.
Aanvanklik sou hy net 'n aand by haar spandeer, tot sy eienaars opgespoor is, maar nou is dit sy permanente huis.
"'n Mens weier mos nie geselskap tydens inperking nie, en boonop het ek per ongeluk vir hom 'n naam gegee," vertel Crous. Olly slaap, nes 'n soet hond, op die mat. Wanneer hy meer snoesig op die bed wil lê, wag hy vir toestemming van sy nuwe eienaar.
"Onthou, inperking is 'n goeie tyd om 'n kat te kry," deel Crous. "Ek waarsku jou net jy gaan hom hou."
Olly lê net op die bed as hy toestemming het.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'