GRAAFF-REINET NUUS - 'n Oud-inwoner van Graaff-Reinet, Alfonso Matthews, tans woonagtig in Port-Elizabeth, het onlangs 'n gedig oor dié Graaff-Reinet treinstasie gepen.
"Wat 'n lekker plek was die Graaff-Reinet stasie nie jare terug nie toe die trein nog daarheen vanaf die Baai gery het," sê Matthews.
"Sondagaande, voordat die trein vertrek het Baai toe, was die stasie 'n kuierplek vir menigte.
Onlangs het ek verneem dat hul die gebou tot niet gaan maak ondanks ons goeie herinneringe."
Graafftown stasie
Op hierdie stasie
Was da nooit 'n gehasie
Liefs 'n konsternasie
met hope sensasie.
Sondagaand was afsientyd
Ontmoettyd en ja kry mekaartyd
Oom Reens en sy lede
Moes bontstaan vir vrede.
Daar staan die gebou
Met vele stories omvou
Stories van lekker en verdriet
Was nog nooit verniet.
Ons pleit virri behoud
Va hierdie wit gebou
Met ryke staaltjies
van ons stasie kaskenades.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'