GRAAFF-REINET NUUS - Marichen Piek, hoofmeisie van Hoër Volkskool op Graaff-Reinet, is onlangs beloon vir haar harde werk en deursettingsvermoë.
Nadat sy verkies is as lid van die Junior Protea-ruiterkunsspan wat binnekort aan ‘n internasionale kompetisie in New Orleans in die VSA gaan deelneem, is sy ook aangewys as kaptein van dié span.
Dit is voorwaar ‘n baie groot prestasie vir dié plaaslike ruiter en word sy, sowel as haar afrigter, hartlik geluk gewens hiermee.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'