GRAAFF-REINET NUUS - Dit wil voorkom asof die Nqwebadam binne die volgende dag of twee tog oor sy damwal gaan stoot.
Die Dr Beyers Naudé-munisipaliteit (DBNPM) het 'n waarskuwing uitgestuur om inwoners te maan om versigtig te wees wanneer hulle aktiwiteit op en naby die dam beplan, aangesien die dam na die afgelope reën in die Sarah Baartman-distrik, amper volle kapasiteit bereik het.
Die Nqwebadam staan tans op 91,40 %. Die dam het laas in 2018 oor sy damwal gestoot. Die DBNPM sê dat hulle tans op hoë gereedheid is en monitor hulle die damvlak en ook spesifieke areas van kommer.
Dr. Edward Rankwana, munisipale bestuurder van DBNPM sê dat die damvlak ook konstant deur moniteringstelsels gemonitor word.
Die publiek word versoek om 049 807 5700 gedurende kantoor ure of 078 181 4587 na-ure te skakel indien daar 'n water-noodgeval is.
Vorige artikel: Blouape wag in spanning by die Nqwebadam
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’