CRADOCK NUUS - Cradock Voorbereidingskool was die afgelope week verskriklik opgewonde toe een van hul leerders se kunswerk op die voorblad van ‘n bekende landboutydskrif verskyn het.
Louise de Klerk, 9-jarige gr. 3 EE-leerder van dié skool, se kunswerk van 'n koei, wat sy vir die jaarlikse kompetisie van die Melkprodusente-Organisasie ingeskryf het, het op die voorblad van die jongste uitgawe van The Dairy Mail verskyn.
Cradock Voorbereidingskool se leerders het elke jaar die geleentheid om skilderye van melkbeeste in te skryf vir hierdie kompetisie.
Die skool se leerders het al in die verlede toekennings ontvang vir kunswerke wat met boerdery verband hou, want baie leerders kom van melk- en beesplase af.
“Dit is inspirerend om te sien dat sulke kreatiwiteit en talent op 'n nasionale platform erken word," sê die skool.
"Welgedaan, Louise, jy het jou skool en gemeenskap ongelooflik trots gemaak!”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’