CRADOCK NUUS - Hoërskool Cradock het hul jaarlikse matriekafskeid die jaar op 19 Maart by Jenkins Creek buite Cradock gehou. “Hoërskool Cradock hou teen die einde van die jaar vir die matriekleerders ‘n ontbyt-afskeid en die groot matriekafskeid word gehou tydens Maart sodat die leerders hulle kan toespits op akademie tot die einde van die jaar.
Voor ‘n matriekafskeid is daar soveel reëlings wat in plek moet val en leerders dink aan hare, naels, motors, rokke, sonbeddens, afsprake, skoene en pakke.
Dit neem baie van hul tyd en ook hul aandag in beslag en dit werk eenvoudig vir ons beter om die geleentheid vroeg genoeg in die jaar te hou, dat die meisies nog hul mooi rokke kan dra, voor dit te koud raak,” deel Caria Froehlich, uittredende beheerraadslid en ouer van ’n matrikulant mee.
JP Kitching en Leoni Lessing.
Metgeselle het van wyd en syd na Cradock gereis om die geleentheid te kom meemaak. Hoërskool Cradock se gr. 11-leerders het weer reggestaan as gashere en -vroue, en is deur hul ouers bygestaan om ook die lokaal te versier.
Déan Groenewald en Clara Burton,
Francois van der Ryst en Shani Froehlich.
Nevanna Linderts
Zarth Fegan en Chamoté Jansen van Rensburg.‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’