Gallery Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEOS - Graaff-Reinet Advertiser se Corrie van Zyl het in die afgelope twee weke gereeld haar kamera gegryp, die Camdeboo Natuurreservaat ingevaar en pragtige dierefoto's en -videos geneem.
Sy het 'n skilpad teëgekom wat bergklim en talle ander diere soos rooi hartebeeste, ape wat soog en tarrentale het haar groot plesier verskaf.
Die 24 mm reën wat sedert die begin van 2021 in die streek geval het, het mens- en dierharte verbly, en almal hoop dis die begin van nog baie reën wat kom.
Fotogalery: Dieremanewales in die Karoo
Kyk Corrie se video's hieronder:
Foto: Corrie van Zyl'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'