CRADOCK NUUS - Die jaarlikse netbaluitdaging tussen Hoërskool Cradock en Hoërskool Burgersdorp het onlangs in Cradock plaasgevind.
Die Burgersdorpers moes vroeg wegtrek om betyds in Cradock te kom, maar die gees onder deelnemers was goed en die lang pad het sommer korter gevoel.
Dit was duidelik sigbaar dat almal die netbaldag geniet het.
Die o. 19 A span van Hoërskool Cradock wen 36 - 26 in 'n uitstekende wedstryd van vier uitdagende kwartrondtes.
Die dogters speel mooi saam as 'n span en doel akkuraat om die punte op die telbord hoog te hou. Hoërskool Cradock kan voorwaar spog met die span se puik spel.
Kego Steenkamp is weer as "yster van die wedstryd" benoem en het 'n trofee geborg deur GBG (Lowie Steenkamp) ontvang.
Die ander spanne van Hoërskool Cradock het 'n taaier dag gehad met twee wenne uit die ses wedstryde.
Die tellings was as volg:
o. 14 A CHS verloor 5 - 15
o. 14 B CHS verloor 8 - 14
o. 16 A CHS verloor 11 - 14
o. 16 B CHS wen 15 - 5
o. 19 C CHS verloor 3 - 15
o. 19 B CHS wen 13 - 8
Beide skole het puik sportmangees openbaar.
Die skole bedank al die spanne wat elke middag hard werk op die sportsveld.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’