GRAAFF-REINET NUUS - Graaff Reinet Advertiser sal vir nog baie jare goeie verslaggewers uit Hoërskool Cradock se skrywersstal tot die koerant se beskikking hê, want hierdie jaar spog hulle met nog drie nuwe gepubliseerde skrywers.
Anné Adam (gr. 10) se hartroerende kortverhaal en Ineke van der Merwe en Richelle Janse van Rensburg (gr. 11) se treffende gedigte is in die nuutste Poortbundel gepubliseer.
Hierdie drie kreatiewe dames het hul hart en siel op papier uitgestort en pluk nou die vrugte.
'n Nuwe stem op die skrywersfront, Anné Adam, wys haar kortverhaal in die bundel. Foto's: Hoërskool Cradock
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’