SCHOOMBEE NUUS - 'n Handjievol buurvroue het Oktobermaand 'n tuinetoer in die Schoombee-omgewing gehou (lees, Schoombee se mooi tuine oop vir almal, 9 November).
By die geleentheid het Edith Martins vanaf Colesberg na Schoombee gereis en heerlik in dié omgewing se tuine kom kuier.
Terselfdertyd het sy by elke tuin uitnodigings gerig om gaste na haar kuns- en tuindag te nooi wat op 24 Februarie plaasgevind het.
Die groep buurvroue van Schoombee het besluit om die uitnodiging te aanvaar. Hulle het vroeg op 24 Februarie weggespring om na Edith en Joubert Martins se pragtige karootuine op hul plaas Tweefontein naby Colesberg te gaan kyk.
Talle ander besoekers het ook die dag meegemaak.
Gasuitstallers by die geleentheid is die bekende Barry James Slabbert wat oor tuinuitleg kom gesels het en Annari Oosthuizen, die Karoo-kunstenaar, wat haar pragtige kunswerke vertoon het.
Natuurlik was daar 'n kwekery, waar elke plantjie waaraan 'n ywerige tuinier kan dink, te koop was.
"Die rooi kannas het my hart gewen in die pragtige tuin," vertel Dada de Jager, van Blaauwskop buite Hofmeyr, wat saam met haar buurvroue die tuinetoer meegemaak het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’