Video
KAROO NUUS - Terwyl verdere reën, koue en sneeuneerslae verwag word, is daar op 6 Mei reeds 100 mm reën in Murraysburg aangeteken.
Volgens 'n inwoner, Jan-Hendrik Swiegers, het die Buffelsrivier buite Murraysburg sterk afgekom. Hy het inwoners en boere laer af langs die rivier gewaarsku dat die rivier beslis nog gaan styg namate meer reën val.
"Dit is ook nie moontlik om deur die rivier te gaan terwyl dit so sterk afkom nie," het Swiegers gesê.
"Die Buffelsrivier is die grootste rivier hier rond, en sy opvangsarea is die Sneeuberge."
Hy beloof om die weersomstandighede te monitor en lesers op hoogte te hou van verwikkelinge, en verdere foto's en video's te stuur.
VIDEO: Jan-Hendrik Swiegers
Foto: Jan-Hendrik Swiegers
Foto: Jan-Hendrik Swiegers
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’