Video
WILLOWMORE NUUS EN VIDEO - Menige boere in die Willowmore-distrik sukkel steeds om die rampspoedige gevolge van die verwoestende vloede op 5 Maart te oorkom.
Die plaas Matjiesvlei aan die onderkant van die verbindingspad tussen Willowmore en Klaarstroom is veral swaar getref.
Die pad het heeltemal weggespoel en al die plase aan die noordekant van die Swartberge was van die buitewêreld afgesny.
Lees meer oor die boere se ontberings in die Graaff-Reinet Advertiser wat hierdie week reeds môre verskyn.
VERSKAFDE VIDEO: Die Departement van vervoer en openbare werke is 'n maand na die vloede steeds besig om die pad tussen Willowmore en Klaarstroom te herstel nadat hulle lank gewag het om te begin.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’