CRADOCK NUUS - Die dames van die NG Kerk Cradock-Noord het op 22 September 'n Bingodag by die Elizabeth Jordaan-tehuis aangebied.
"Vriende van die tehuis het by ons inwoners aangesluit en die oggend het in 'n heerlike ontspanne oggendkuier ontaard," vertel Gianna de Beer, van die tehuis.
Ds. JR Niewenhuizen, van NG Kerk Cradock-Noord het die voortou geneem en die eetsaal by die Elizabeth Jordaan-tehuis as lokaal gebruik. Die heerlike borde eetgoed en blomruikers was die handewerk van die gemeente se vroue.
Die tehuis het ook op 24 September 'n fondsinsamelingsgeleentheid in die vorm van 'n Erfenisdag-lentebasaar aangebied.
Die gemeenskap het weereens in volle sterkte opgedaag om hierdie poging te ondersteun en die talle stalletjies het die hele terrein verfraai.
Wat besonders was tydens die geleentheid was die uitstalling van veteraanmotors van Danie Gerber, 'n motorversamelaar van Cradock.
Die wenners van die bingodag is van links: Lorraine Muller, Adele Bentley, Ronel Gouws en Chris Brits.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'