Warning: Graphic content
GRAAFF-REINET NUUSFLITS EN VIDEO - Beeldmateriaal van Saterdagoggend, 28 April, se ongeluk in Caledonstraat, waar ‘n motorfietsryer beheer oor sy fiets tydens ‘n ‘wheelie’ verloor het, wys hoe die ongeluk plaasgevind het.
[Die video is nie geskik vir sensitiewe kykers nie en bevat kru taal.]
Die beeldmateriaal is deur toeskouers wat die oggend se verrigtinge gaan kyk het afgeneem en wys die ongeluk soos gesien van beide kante.
Die ongeluk het tydens die toertjies wat soos gewoonlik in een van die dorp se strate gehou word tydens die jaarlikse Strawdogs-motorfietssaamtrek plaasgevind.
Die Advertiser volg tans op met die dorp se owerhede en die rally se organiseerders oor die ongeluk en verloop van die gewilde saamtrek en sal daaroor in Donderdag se uitgawe berig.
Kyk die video hier onder:
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'