KAROO NUUS - Die Aberdeen en Graaff-Reinet-polisie het behoorlik in die tydperk van 3 to 9 Julie onder die diewe ingeklim en toegesluit.
Vir verskeie oneerlikheidsmisdrywe is arrestasies gemaak.
Graaff-Reinet
Onder Graaff-Reinet se vermeende diewe, is drie huisbrekers, twee diewe (gewoon), twee diewe wat nie hul hande uit voertuigeienaars se motors kon hou nie vasgetrek. Een dief wat parte vanaf motors gesteel het, een winkeldief, een veedief en twee mense wat met gesteelde eiendom rondgeloop het, is ook nou agter tralies.
Ses aanranding arrestasies, vier aanranding gewoon, en twee aanranding ernstig - is uitgevoer.
Geen moord arrestasies is gemaak nie, maar een vermeende verkragter is toegesluit.
Drie mense is agter tralies geplaas vir die besit van dwelms. Vir dronk en wanordelike gedrag is drie mense ook selle toe geneem.
Die polisie verklaar twee arrestasies vir verkeersoortredings.
Aberdeen
Een vermeende dief moet hul aksies in die hof verduidelik.
Aan die geweldskant is twee persone vir aanranding ernstig toegesluit. Vir die besit van dagga is een arrestasie ook gemaak.
Sewe drinkers is agter tralies geplaas om nugter te raak.
Vonnisse
- Een vir aanranding ernstig: R1 500 boete of drie jaar tronkstraf.
- Een vir huisbraak: 12 maande gevangenisstraf.
- Een vir besit van mandrax: R500 boete of twee maande gevangenisstraf.
- Een vir dronkbestuur: R8 000 boete of drie jaar gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'