KAROO NUUS - Die Graaff-Reinet SAPD het tydens 13-19 November behoorlik dwelsmokkelaars en mense wat alkohol misbruik toegesluit.
Sewe verdagtes is gearresteer vir besit van dwelms, terwyl vyf dronkaards vir drink en onwelvoeglike gedrag in die polisieselle 'n draai gemaak het.
Graaff-Reinet
Gewldsmisdrywe is ook goed aangespreek, met twee arrestasies vir aanranding gewoon, een vir aanranding ernstig, een vir opsetlike saakbeskadiging, een vir moord, en vyf vir besigheidsrowe uitgevoer is.
Ses huisbrekers (drie residensiële huisbrake en drie besigheidshuisbrake) het hulle ook agter tralies bevind.
Vir diefstal is vyf mense voor die hof gedaag en een vir die oortreding van die wet op gesinsgeweld.
Aberdeen
Drie drankverwante misdrywe het verdagtes in die selle laat beland.
Nog 'n verdere drie arrestasies (oortreding van die wet op gesinsgeweld: een) en opsetlike saakbeskadiging (twee) is uitgevoer.
Vonnisse
Poging tot roof: drie maande gevangenisstraf, opgeskort vir drie jaar.
Diefstal uit motor: R1 500 boete met die keuse van drie maande gevangenisstraf. Die vonnis is in geheel vir drie jaar opgeskort.
Besit van mandrax: R800 boete met die keuse van agt dae gevangenisstraf, in geheel opgeskort vir drie jaar.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'