KAROO NUUS - Die Graaff-Reinet en Aberdeen SAPD het verskeie arrestasies vir geweldsmisdrywe gemaak vir die tydperk 6-12 November.
• Rowers het hulle ook in beide dorpe vasgeloop in die lang arm van die gereg.
Graaff-Reinet
Aanranding gewoon het sewe arrestasies tot gevolg gehad, terwyl een verdagte vir aanranding ernstig toegesluit is.
• Vyf mense is in aanhouding vir roof by besighede en een vir besit van vuurwapens en ammunisie.
• 'n Moordverdagte is ook in aanhouding.
• Vir die minagting van 'n beskermingsbevel is een arrestasie uitgevoer, terwyl twee mense voor die hof gedaag is vir opsetlike saakbeskadiging.
• Verdagtes is ook vir oneerlikheidsmisdrywe, soos winkeldiefstal (1), veediefstal (1) en diefstal (3), polisieselle toe geneem. Vier vermeende huisbrekers en sewe verdagtes wat in besit was van gesteelde eiendom, is toegesluit.
• Besit van dwelms (5) en dronkenskap (7) is goed deur polisie vervolging aangespreek.
Aberdeen
Arrestasies in dié Oos-Kaapse dorp sluit in, aanranding gewoon (3), huisbraak (1) en huisroof (1).
• Vir dronkenskap is nege mense in die selle geplaas om nugter te raak.
Vonnisse
• Huisbraak en besit van mandrax: vyf jaar gevangenisstraf.
• Diefstal: Vyftien maande gevangenisstraf.
• Besit van tik (twee sake): Beide R1 000 boete opgeskort vir vyf jaar.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'