GRAAFF-REINET NUUS - Die 13-jarige Arné Oosthuizen, oor wie Graaff-Reinet Advertiser al berig het rakende sy vegkunsprestasies, het in 2025 ook begin boks.
Sy opgang in hierdie sport is net so indrukwekkend as in vegkuns, en hy wil baie graag vroeg in April aan sy eerste bokskompetisie in Vanderbijlpark deelneem.
Die kostes wat met so ’n ver reis, akkommodasie en deelname gepaard gaan is natuurlik altyd ’n kwessie.
Dit gaan ten minste R5 000 beloop, en hy het ook sakgeld en All Star Tekkies nodig wat R1 000 bedra.
Arno se ouers doen ’n beroep op die publiek om die belowende jong sportman deur borgskappe of donasies by te staan.
Indien u belangstel om te help, kontak Antoinette Oosthuizen by 073 390 7135.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’