CRADOCK NUUS - AJ Opperman, oudleerder van Cradock Hoërskool en plaasseun uit die distrik, het verlede week die Orde van die Beiteltjie-toekenning ontvang as uitstaande kunsjoernalis.
Die Cordis Trust, Afrikaanse Woordkunsakademie 2024 Orde van die Beiteltjie is toegeken aan Opperman vir sy onteenseglike en toegewyde bydraes aan kunsjoernalistiek.
Sy joernalisme word gegrond op deeglike navorsing en hy bevorder die bewusmaking van die rol van Suid-Afrikaanse kunstenaars oor dekades heen.
Opperman bied ook deurgaans hierdie inligting aan sy lesers op eiesoortige en uitsonderlike wyse.
Opperman het 12 jaar ondervinding as joernalis, en werk tans as joernalis by Netwerk 24. Hy het reeds op skool 'n besondere voorliefde vir die kunste gehad en het na skool 'n graad in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch behaal.
Die Cordis Trust het AJ Opperman ook vereer vir sy bydrae tot insiggewende en deeglike joernalistiek, resensies en die kunste as joernalis by Netwerk24.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’