GRAAFF-REINET NUUS - Die derde ronde van die Sarah Baartman-skaakproewe het Saterdag 1 Junie op Graaff-Reinet by Union High plaasgevind.
Agt van Laer Volkskool se skaakspelers het aan die proewe deelgeneem. Elke ouderdomsgroep moes vyf rondes speel.
Resultate:
- Burger Slabbert wen drie rondes
- Jurian Retief wen vier rondes en behaal 'n derde plek vir seuns o. 12
- Samuel Pearson wen twee rondes
- Janneke Conradie wen drie rondes
- Margite van der Merwe wen drie rondes en behaal 'n derde plek vir dogters o. 14
- Marize Retief wen twee rondes en behaal 'n tweede plek vir dogters o. 10
Gina en Nicolaas Botes het baie goed gevaar en hulle opponente kwaai laat kopkrap.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’