ABERDEEN NUUS - Mandeladag, 18 Julie, is sommer dubbeld gevier in Aberdeen.
Volgens DA-raadslid Eldridge Ruiters het die DA lede vanuit die Dr Beyers Naudé-stadsraad na hul gemeenskappe uitgereik.
In een van die uitreike het spanne vanaf Willowmore en Graaff-Reinet na Aberdeen gereis, waar twee projekte geloods is.
Die begraafplaas agter die rant in Aberdeen is deur 'n groep van 50, bestaande uit DA-stadsraadslede, gemeenskapsleiers, aktiviste en gemeenskapsverteenwoordigers opgeruim en skoongemaak.
Die tweede projek het behels dat sop en toebroodjies rondom die middaguur aan 300 kinders en volwassenes bedien is.
Ruiters sê dat Mandela se gees van versoening en diversiteit altyd deel van die DA se werksaamhede sal wees, ook in die Dr Beyers Naudé munisipale distrik.
“Ons werk saam om ’n beter Suid-Afrika te skep waar almal ’n goeie lewe sal hê.”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’