ABERDEEN NUUS - Die NG Kerk Aberdeen-gemeente verwelkom ds. Clifford James en sy vrou, Engela, voorheen van die NG Kerk Hopefield, vanaf 1 Februarie.
Ds. James se bevestiging en intreepreek vind op Sondag 5, Februarie in die kerk plaas, gevolg deur 'n verwelkomingsfunksie in die kerksaal.
Ds. Evert de Kock, aflosleraar in Aberdeen, nooi die gemeente uit om die diens en geleentheid by te woon. Die erediens op 5 Februarie begin 11:00, maar van Sondag 12 Februarie is die dienstye weer om 10:00.
Kontakbesonderhede:
- Kerkraadvoorsitter - Danie van der Westhuizen, 079 699 0869, veepos1965@gmail.com
- Skriba - Margie du Plooy - 049 846 0027, ngkerkaberdeen@jabama.co.za
- Posadres - Posbus 104, Aberdeen, 6270
Ds. Evert de Kock, aflosleraar in Aberdeen, nooi die gemeente uit om die diens en geleentheid by te woon.
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'