ABERDEEN NUUS - Sedert 10:00 vanoggend neem getalle toe in die straat voor die landdroshof in Aberdeen. Een van die beskuldigdes wat vandag voorkom is volgens die gemeenskap 'n man wat intens betrokke is by dwelmhandel in die dorp, spesifiek Thembalesizwe.
Aanvanklik was dit slegs inwoners van Thembalesizwe wat voor die hofgebou betoog het, maar die inwoners van beide Lotusville en die dorp self het ook aansluit.
Die hoofoogmerk is om aan te dring op geen borgtog vir die beskuldigde, aldus mnr. Homes, een van die sameroepers.
Niemand van die publiek of pers word egter binne die hof toegelaat nie.
Die optoggangers beoog ook om later vandag na die plaaslike polisiestasie te beweeg om daar 'n petisie te oorhandig.
Meer besonderhede volg binnekort.
Vorige artikel:' Genoeg is genoeg' sê Aberdeen gemeenskap
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'