ABERDEEN NUUS - ‘n Bekende man van die Aberdeen-distrik is vroeg gisteraand, Vrydag 10 Februarie in hegtenis geneem op ‘n klag van seksuele aanranding.
Die verdagte is, ná sy arrestasie om 18:10, vanaf die Aberdeen-polisiestasie oorgeplaas na Willowmore waar hy aangehou word tot sy eerste hofverskyning op Maandag 13 Februarie.
Die beweerde seksuele aanranding is verlede naweek by Graaff-Reinet-polisiestasie aangemeld en word sedertdien deur die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS) ondersoek.
Die man se naam mag eers bekendgemaak word as hy gepleit het en alleenlik as daar geen moontlikheid is dat sy identifisering die vermeende slagoffer se identiteit sal ontbloot nie.
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'