GRAAFF-REINET NUUS - Tydens die voortgesette gesamentlike multidissiplinêre #OperasieShanela, wat vanaf Maandag 2 Maart tot Sondag 8 Maart in die Oos-Kaap uitgevoer is, is 579 verdagtes aangekeer vir verskeie oortredings, wat regoor die provinsie gepleeg is.
Volgens luitenant-kolonel Siphokazi Mawisa, Oos-Kaapse mediaverteenwoordiger vanuit die kantoor van Brigadier Nobuntu Gantana, is 43 verdagtes in hegtenis geneem vir kwaadwillige saakbeskadiging, insluitend tweehonderd 215 onwettige immigrante.
Ander oortredings wat gepleeg is, sluit in die besit van onwettige sigarette, onwettige drankhandel, aanranding, moord en die besit van gevaarlike wapens en dwelms.
Die operasies is in samewerking met die Suid-Afrikaanse Weermag, Verkeerspolisie en die Departement van Binnelandse Sake uitgevoer.
Deursoeking van persele en voertuie, hoësigbaarheidspatrollies, padversperrings, stop-en-deursoekings, voertuigkontrolepunte, opsporing van verdagtes wat deur die polisie gesoek was, besoeke aan plase, inspeksies van gelisensieerde drankpersele en inspeksies van informele besighede soos spazawinkels om nakoming van arbeidswetgewing te verseker, was aan die orde van die dag.
Die volgende items is tydens die operasies teruggevind
- 343,98 liter alkoholiese drankies
- een selfoon
- ’n rekenaar
- R770 kontant
- 1,5 kg koperkabels
- 98 vervalste goedere
- 28 gevaarlike wapens
- 315 g dagga
- 18,13 g daggaplante
- 0,05 g crack-kokaïen
- 44,65 gram kristalmeths-dwelms
- 0,08 gram nyaope-dwelms
- vier handwapens
- een meubelstuk
- een pakkie tabakprodukte
- twee voertuie
Sommige van die gearresteerdes het reeds die afgelope week in hul plaaslike landdroshowe verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’