KIRKWOOD-NUUS - Onlangs is ’n intensiewe ondersoek geloods om ’n reeks gekoördineerde veediefstalvoorvalle in die Sunland- en Kirkwood-gebiede op te spoor.
Gedurende die aand van 23/24 Mei het ’n mislukte veediefstalvoorval plaasgevind.
Geen skape was gesteel nie en Navic is gebruik om die verdagte voertuig te vind.
Die SAPD het vasgestel dat die voertuig vals nommerplate op gehad het.
“Hierdie operasie het die SAPD in staat gestel om sake van vier ernstige veediefstalvoorvalle af te sluit.”
Die volgende nag is Thermatek in kennis gestel van indringers op dieselfde plaas, en die beskrywing het ooreengestem met die veediewe.
Uitenhage STU het na die Kirkwood-gebied vertrek.
Smhart-sekuriteit is versoek om die Lookout-kruising af te sluit en op verdere instruksies te wag.
Effektiewe koördinering tussen die Uitenhage STU, Uitenhage SAPD, Thermatek, Smhart-sekuriteit, ’n plaaslike Uitenhage Navic-spesialis sowel as die plaaseienaar is ingestel.
Om 02:17 is ’n voertuig met vals nommerplate gemerk. Die voertuig is gestop en ’n aksieplan is opgestel.
’n Uur later het die Uitenhage STU na die versamelpunt beweeg, asook die plaaseienaar en Smhart-sekuriteit.
Drie arrestasies is uitgevoer en 42 skape teruggevind, en die voertuig is gekonfiskeer.
Drie verdagtes het ontsnap.
’n Hommeltuig is ontbied en hulle is gespoor en gearresteer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’