GRAAFF-REINET NUUS - “Hoewel die formaat afgeneem het, word daar steeds ekstra moeite gedoen om die motorfietsryers die hele naweek besig te hou,” vertel Gerhard Greyvenstein, organiseerder van die Lions Rally in Cradock.
Greyvenstein en sy motorfiets, "Old number 7", het weer groot bewondering afgedwing en uitstekend gevaar tydens uitdagings.
Vanaf Donderdagaand, 5 Desember, het motorfietsryers van oral opgedaag vir die 31ste Lions Rally wat by die skouterrein aangebied is.
‘n Druk program is vir besoekers uitgewerk en Greyvenstein het maande beplan om die sukses van die byeenkoms te waarborg.
Mario Claassen het deelnemers by die saamtrek vermaak en vrywilligers het die ryers met yskoue bier by die hekke verwelkom om af te koel.
Greyvenstein sê motorfietsryers is mense met groot harte en oop hande en alle inkomste het vir liefdadigheid gegaan.
Van die deelnemers het nog nooit 'n byeenkoms gemis nie. “As dit eers in jou bloed is, is dit in jou bloed,” sê Freddie Erasmus.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’