GRAAFF-REINET NUUS - Twee van Laer Volkskool se leerders, Lozaan Kayi in gr. 4 en Chelsea Hendricks in gr. 5 het op 23 Maart aan 'n biblioteekweek leeskompetisie op Kroonvale deelgeneem.
Chelsea het uitstekend gevaar en 'n eerste plek vir Afrikaans en tweede plek vir Engels losgelees. Baie geluk!
Lozaan beplan om in die toekoms ook in die topdrie te eindig. Ons weet sy sal dit doen en is ook baie trots op haar.
Chelsea Hendricks het 'n 1ste en 2de plek in die leeskompetisie verower.
Lozaan Kayi
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'