Breaking News
KAROO NUUS - Vyftien mense is dood en vyf ander beseer in 'n kop-aan-kop botsing tussen 'n volgelaaide minibustaxi en 'n dubbelkajuitbakkie op die R63 tussen Adelaide en Maqoma (Fort Beaufort) omstreeks middernag op Saterdag 3 Mei.
Volgens Unathi Binqose, woordvoerder van die Oos-Kaapse Departement van Vervoer, het die botsing plaasgevind tussen 'n wit Toyota Quantum op pad van Qonce(King Williams Town) na Kaapstad en ’n Isuzu-bakkie wat van Adelaide na Kwamaqoma gery het.
Die bestuurder van die Isuzu en 13 mense in die Quantum, insluitend die bestuurder, is op die toneel dood.
Ses passasiers is na hospitale in Adelaide en Fort Beaufort geneem, waarvan twee later aan hul beserings beswyk het. Die dodetal staan nou op 15.
’n Ondersoek is aan die gang.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’