GRAAFF-REINET NUUS - Die massa-inenting van die Covid-19-entstof wat verlede Saterdag deur die Oos-Kaapse departement van gesondheid hier van stapel gestuur is, het bo verwagting goed afgeloop.
"Ons het op die kop 100 mense ingeënt," het suster Mary-Jane MacPherson aan die Graaff-Reinet Advertiser vertel.
"Dit het werklik ons stoutste verwagtinge oortref. Die mense is om die een of ander rede bang vir die inenting en skram weg daarvan. Ons ondervind dit ook by die klinieke dat die mense vir hul gewone medisyne en ander behandeling instap, maar sodra ons Covid-inentings noem, raak hulle sku."
Die departement gaan weer op Dinsdag 3 Augustus by die taxistaanplek in Market Square van 09:00 af verbyry-inentings doen.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'