GRAAFF-REINET NUUS - As jy te bang is om op die skaal te klim, is jy in goeie geselskap: baie Graaff-Reinetters het dieselfde probleem.
Oefening bly die beste manier om gewig te verloor, maar dis nie altyd lekker nie.
Daar begin egter eersdaags ‘n pret aktiwiteit om jou te help die kilos afskud en fiks en ferm te bly.
‘Let’s twist again’ sal van Woensdag, 27 Junie, elke weeksdag van 15:45 tot 16:45 by die Botaniese Sportklub se saal aangebied word.
Daar is geen afrigting nie, deelnemers word slegs aangemoedig om te dans asof niemand jou raaksien nie.
Sessies kos R5 elk. Diegene wat belangstel kan hul naam en nommer by Our Yard in Somersetstraat afgee, waarna die organiseerder met jou in verbinding sal tree.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'