HOFMEYR NUUS - Die Zumbagroep wat elke week by die Schoomee-sportklub, tussen Hofmeyr en Steynsburg byeenkom, het die afgelope Saterdagoggend 'n Zumba vir kanker geleentheid gehou om geld in te samel vir kankersorg.
"Die woorde 'Move for Cancer' was op die pienk uitnodigingskaartjies gedruk. Almal was welkom om op die maat van musiek te kom beweeg, sê Annerien van der Merwe, wat self vroeër met kanker gediagnoseer is en na behandeling voluit leef.
Talle vroue het in pienk klere opgedaag om vroue wat borskanker het of gehad het, te huldig. Die tafels was in pienk gedek.
"Natuurlik het dit in 'n kuiergeleentheid ontaard en ons hoop om gou weer so iets te reël," vertel Elizma de Jager wat die foto's geneem het.
'Ons bring jou die nuutste Hofmeyr, Karoo nuus'