KAROO NUUS - Basaargangers het met breë glimlagte Saterdag 25 Maart die gebrom van motorfietse verwelkom by Huis Aalwynhof se basaar op die dorp.
Iron Hearts, 'n motorfietsklub van Graaff-Reinet, ondersteun jaarliks die tehuis se basaar.
Soos vorige jare het klublede in kleurvolle konvooi opgedaag en onmiddellik alle oë van die basaarkospotte weggesteel.
Besoekers het hulle verkyk aan die ysterperde terwyl die motorfietsryers op hulle beurt alles en nog wat by die basaar gekoop het.
Van vroegdag af het die braaimeesters die vure aangesteek en gaste met vonk, vlam en braaivleis ontvang. Vetkoek en pannekoek is vars gemaak en binne het tafels gekreun onder vleis, poedings en allerlei smullekker gebak. Huis Aalwynhof se basaar word jaarliks deur man en muis in die omgewing ondersteun - altyd 'n reusesukses.
Die tafels kreun onder eetgoed.
Pannekoek by die panne vol.
Wat is 'n basaar sonder braaivleis?
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’