Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO - Die BKB Nasionale Stoetram-veiling op Graaff-Reinet is in volle swang by die Botanies sportgronde.
Nege-en-sestig ramme moet opgeveil word, en 'n yslike Colesberg-ram het alreeds vir 'n rekordprys van R170 000 verkoop.
Dié dier behoort nou aan Jaco Wessels van Kroonstad.
Aankooppryse vir die ramme wissel tussen R15 000 en R30 000.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'